Menelik II | |
---|---|
Keiser van Ethiopië | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 10 Maart 1889 - 12 Desember 1913 |
Gebore | 17 Augustus 1844 |
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië[1] | |
Gesterf | 12 Desember 1913 (op 69) |
Voorganger | Johannes IV |
Opvolger | Lidj Josua (aangewys, maar nie gekroon) |
Gade van | Taitoe Betoel |
Vader | Haile Melekot (koning van Shewa) |
Moeder | Woizero Edjigajehoe |
Menelik II (Ge'ez: ዳግማዊ ምኒልክ, dagmawi mənilək; perdenaam Abba Dagnew Amharies: አባ ዳኘው abba daññäw; 17 Augustus 1844 - 12 Desember 1913), gedoop as Sahle Mariam (ሣህለ ማርያም sahlä maryam), was van 1889 tot met sy dood in 1913 keiser van Ethiopië en koning van Shewa. Omstreeks 1898, op die hoogtepunt van sy binnelandse mag en buitelandse aansien, was die proses van die uitbreiding van sy grondgebied en die skep van ’n moderne keiserryk voltooi.[2]
Hy word deur baie Ethiopiërs hooggeag en word gedenk met die herdenking van die Slag van Adoea, wat op 1 of 2 Maart dwarsoor Ethiopië en in die diaspora gevier word.[3][4] Baie mense in Afrika beskou hom as ’n voorstander van Afrika-onafhanklikheid teen Europese magte tydens die Wedloop om Afrika.[5]